MANLIKE/MALE

Steve Hofmeyr:

 

Steve Hofmeyr is al vir dekades lank hard aan die werk – nie net as ’n gewilde vermaaklikheidster nie, maar ook as ’n persoonlikheid by wie mense op ’n emosionele, kulturele en patriotiese vlak aanklank vind.

 

Steve het al baie hoogtepunte in sy loopbaan bereik, van albums met multiplatinumverkope en topverkoperboeke, tot suksesvolle televisiereekse, geselsprogramme, en uitverkoopte konserte regoor die wêreld.

 

Steve Hofmeyr is meer as net ’n musikale instelling – hy is ’n handelsmerk met 26 jaar se momentum om hom te dra om nog meer sukses in die volgende 50 jaar van sy lewe te bereik.

 

Vir besprekings gaan na www.stevehofmeyr.co.za

Kurt Darren: 

 

Met 21 jaar van eersteklas, voetstamp-vermaak reeds agter die blad, spog sanger, liedjieskrywer en radio- TV- en filmpersoonlikheid, Kurt Darren, met die meeste ranglys-treffers van enige plaaslike kunstenaar, sewe SAMA-toekennings en ’n allemintige 20 goue, platinum – en multi – platinumvrystellings. So, een ding is seker: dié man weet hoe om gehore op hul voete te kry en te hou!

 

Vir besprekings kontak info@vocalevents.co.za of 072 214 4590

Gerhard Steyn:

 

Platinum bekroonde sanger Gerhard Steyn, met sy diep-dimpel glimlag, bewys weereens dat hy die midas faktor besit. Sy musiek is oorspronklik, uit die hart en genotvol en sodoende verdien hy sonder twyfel die ere titel “Die Platinum Prins van Afrikaanse musiek”.  Die nuwe album Hartvanger is propvol oorspronklike musiek wat ‘n nuwe meer volwasse kant van Gerhard Steyn na vore bring. Die tema van die album is volwasse liefde.

 

Met eerste opslag is dit duidelik dat Gerhard Steyn se nuwe en elfde album Hartvanger weereens ʼn reeks treffers gaan oplewer. Vars polsende klanke – in sy tipiese kreatiewe styl – word aangebied met diep-deurdenkte lirieke wat beide die voete laat jeuk en die hart warmer laat klop. Sy immergroen jeugduigheid word pragtig uitgebeeld deur “Miljoenêr”, ‘n nommer wat lekker los gesels oor die dinge waarmee ons daagliks in ons gedagtes sit en waarmee almal van ons hom of haarself kan vereenselwig.

 

Hartvanger is reeds op die rakke, en is sonder twyfel Gerhard Steyn se mees volwasse album nog. Bestaande aanhangers sal nie teleurgesteld wees nie, en die verwagting is dat die hierdie album nuwe hoogtes gaan bereik. Vir besprekings kontak Tilla Enslin (Eksklusiewe Bestuurder en media verteenwoordige) 083 739 8986 of tilla@gerhardsteyn.co.za

Refentse Morake:

 

Refentse Morake is ‘n splinternuwe, jong entoesiastiese kunstenaar, gevul met passie, nie net vir sy sangloopbaan nie, maar vir die lewe en alles wat na sy kant toe kom! Hierdie dinamiese 18 jarige het in 2015 sy matriek voltooi aan Vereeniging Gimnasium, en daarna het hy nie op hom laat wag nie.

 

As hy nie gesing het nie, sou hy graag die President van Suid-Afrika wou wees. En as dit enigsins ’n aanduiding is van hoe vêr sy ambisie strek, wag daar beslis gróót dinge op hierdie jongman. Sy YouTube-videos van Afrikaanse treffers soos “Lisa se Klavier”, “De la Rey”en “Ou Ryperd” is reeds duisende kere gekyk en op sosiale media gedeel, en hy het selfs al ’n draai gaan maak op die RSG -verhoog by KKNK.  Vir besprekings en navrae kontak Carmen Kleinhans 083 325 7922 of carmen@platinumpromosies.co.za

Michael Lindt:

 

Al die pad van George in die Suid-Kaap, het Michael vinnig opgang gemaak landswyd, beide as sanger en liedjieskrywer.  Met treffers soos ‘Is jy nie meer lief vir my?’, “Elke wolk het ‘n silwer rand’ en ‘Sal vir altyd bly’ het hy sommer gou vesting gevind in mense se harte.   Michael het al vir verskeie kunstenaars liedjies geskryf o.a Kurt Darren, Nicholis Louw, Romanz en vele ander.

 

Michael het groot passie vir wat hy doen.  Sy warm en humoristiese aanslag maak vir ‘n baie gemaklike verhoog-persoonlikheid.  Deel van sy gawe is ook ‘n aanvoeling vir die gehoor om hulle nie net te vermaak nie, maar saam te neem op ‘n reis deur die rykdom van musiek en stories.

 

Gaan ‘like’ gerus Michael se facebook blad om op hoogte te bly met nuus en inligting oor optredes in jou area.

 

Vir besprekings kontak 073 833 6112 of stuur gerus ‘n epos na info@michaellindt.co.za

Snotkop:

 

SA se gewilde, multi-platinum verkoper en SAMA WENNER doen dit weer! Snotkop se 7de treffer-album HKGK, bereik GOUE STATUS in minder as 3 maande van vrystelling!

 

Snotkop, is onbetwyfeld een van die land se populêrste kunstenaars wat duisende mense se harte gesteel het met sy talent, aansteeklike musiek, good looks, passie en onkeerbare energie! Snotkop vier hierdie jaar 10 jaar in die Afrikaanse musiek bedryf en sy 7de album wat Julie 2016 vrygestel was het behoorlik die dansvloere aan die brand!

 

Snotkop is bekend vir sy besonderse kletsrymvaardighede, energiebelaaide ritmes en tong-in-die-kies, skerpsinnige lirieke. Sy nuutste album, “HKGK”, verpersoonlik dié musikale karaktertrekke in ‘n album met hope skop!

 

‘n Mens hoef bloot na die CD-omslag en – titel te kyk om te weet dat hierdie album gebou is vir ‘n GROOT kuier waar om rustig en soet te wees héél laaste op die prioriteitelys is. Vir besprekings kontak Louis 082 822 7013.

Devon Jay Scott:

 

Devon Jay Scott is gebore in 1977 in Vanderbijlpark.  ‘n Talentvolle sanger wat al 18 jaar musiek maak.  Devon sing verskillende genre’s en kan aanpas by elke gehoor se musiek smaak.

 

Meer oor die Album – Rubies in my hand

 

Die album rubies in my hand het die laaste paar maande baie mense se harte geraak.  Al die liedjies op die album dra ‘n boodskap oor, mense kan daarmee vereenselwig, en dit vertel ‘n storie en dus maak dit elke liedjie uniek.  Dit is ook geskryf om Devon as kunsstenaar uit te beeld.  Daar is 4 van die liedjies op die album wat die top 20 en top 40 op verskeie radio stasies behaal het.  

 

Twee jaar gelede het dr’s ‘n gewas van sy stem bande verwyder, wat sou beteken hy sou dalk nooit weer kon sing nie.  Met die genade van die Here is dit net weereens ‘n bewys dat daar ‘n doel met die album is en die boodskap wat hy aan die mense wil oordra defnitief sy storie weerspieel.

 

Vir meer inligting en besprekings kontak vir Pierre Van Der Westhuizen – Maroela Musiek 079 277 6896 of bookings@devonjayscott.co.za

Juan Boucher:

 

Juan Boucher is gebore in Vereeniging, in die Vaal Driehoek, op 24 Mei 1984. Om presies te verstaan waar Juan se passie vir musiek vandaan kom is sy eie woorde: “Om ‘n sanger te wees is nie ‘n keuse nie, dit word vir jou gegee”. As jou lande omgeploeg word en jy gebruik dit om met jou pyn, hartseer en teleurstellings te deel en om ander te inspireer, is dit ‘n gawe van bo. As ‘n liedjieskrywer moet dit uit jou hart en siel kom.

 

Juan droom groot en glo met harde werk en die genade van Bo is daar nog groot dinge wat vir hom voorlê. Vir meer inligting en besprekings kontak vir Denise 0837904125 of juanboucher@vonk.co.za

Joe Foster:

 

Drie jaar nadat sanger-liedjieskrywer Joe Foster die reuse suksesvolle Ghoema Pop Album van die Jaar “Hartklank” vrygestel het, doen hy dit weer. Hy vat so waar die volgende stap in sy musikaliteit met hierdie nuwe album. Alhoewel hy talle liedjies en projekte vrygestel het tussen die twee albums, het hy gevoel nou is die regte tyd om weer ’n vol album vry te stel. Die CD bevat dertien oorspronklike liedjies wat ‘n mengsel is van Afrikaans en Engelse pop liedjies wat Joe Foster die afgelope jaar of twee geskryf het.

 

Twee van die dertien liedjies op die nuwe album het reeds baie gewild geword vandat dit vroeg in 2018 vrygestel was. “Vrede Maak” en sy eerste Engelse enkelsnit “Look Away” het sederdien bo aan talle SA kommersiële, internet en streeksradio’s se treffer-parades gepronk. Hierdie twee snitte is baie goeie aanduidings waarna sy aanhangers kan uitsien op die treffer belaaide “Volgende Stap” album, wat vroeg in Augustus op die rakke sal wees.

 

Vir besprekings kontak gerus vir The Marketing Zoo 082 773 5685

Dirk van der Westhuizen:

 

Dirk van der Westhuizen is in Pretoria gebore en sing al vandat hy kan onthou. “As kind het ek elke naweek optredes in my kamer vir die familie gehou. Om te sing en mense te inspireer is deel van my DNA – dis wie ek is en al wat ek nog altyd wou doen,” sê hy.

 

Dirk is reeds nege jaar in die musiekbedryf doenig en spog met drie suksesvolle albums, ’n rits treffers en meer as ’n twee miljoen YouTube-trefslae. Hy sonder elke vertoning, gesig wat ophelder en saam sing, elke pakkie of sakkie suiker wat hom tref en elke ontmoeting met mense wie se harte hy kon aanraak as hoogtepunte in sy loopbaan uit.

 

Hy put inspirasie uit ander plaaslike musikante en sê dat hy graag ‘n lied saam met Karlien van Jaarsveld sal wil opneem. Hy noem dat as hy nie ‘n sanger was nie, sou hy ’n persoonlike afrigter wou wees. “Ek het ’n baie groot liefde vir fiksheid en om mense in die beste weergawe van hulself te verander en te motiveer. Om fiks te wees is soveel meer as net n mooi lyf – dis ’n gevoel van vryheid en selfvertroue.”

 

Dirk hou daarvan om liedjies te skryf wat met die hart praat. Volgens Dirk moet hy homself op die verhoog daarmee kan sien voor dat hy dit goedkeur. Vir besprekings kontak vir Coleen 0827810198 /dirkbookings@gmail.com

Jakkie Louw:

 

Die immergroen studente-sanger en liedjieskrywer Jakkie Louw is terug met ’n woema-CD, Party in SA. Dis Afrikaanse rock met ’n Stellenbosch-smaak en getoonset in die kuierplekke van Pretoria. Van Tollies tot Maloney’s. Jakkie Louw het bekendheid verwerf as eiesoortige storieverteller, met skerp lirieke, ’n guitige humorsin en sy treffende bybly-melodieë. Die snitte hierop is gesond, stout en gesout met partytjie-woema.

 

Jakkie Louw en sy vrou, Anel, het meeste van die dertien snitte geskryf. Hy leen net een liedjie: die ou Kaapse deuntjie met stuitige lirieke, Koekieloekie – wat hy uit ’n manne-oogpunt vernuwend herbesoek. En dan is daar ’n gewilde boeremusiek-dierekeurspel, saamgestel uit tradisionele oordragliedjies – oor Tant Koek se hoenderhaan en ’n kat wat altyd weer kom, ’n dapper muis en ’n paddakoor, ’n kortsterthasie, ’n wonderlike donkie, daai stertswaaiende hondjie in die venster en die jollie bobbejaan.

 

Sy vorige album, Die standvastige man, was ballade-gedrewe en op die fynproe-musiekliefhebber gerig. Dié keer is daar geen ballades nie; net ritmiese studente-liedjies vir al die Pikkewyne.

 

“Dis ’n nuwe seisoen in my lewe. Ek is nou ’n pa van twee en het ’n goeie vrou in my lewe. My kinders het my baie geleer van myself. Partykeer moet jy net stilstaan en die lewe en die liewe mense om jou geniet. Ons moet braai, praat oor die goed wat ons laat asemhaal, laat lag en laat lewe. Ons moet ophou kla oor dinge wat ons absoluut niks aan kan doen nie. Almal wat hierdie CD luister, sal die humor en lekker daarvan ervaar,” sê hy. Boender die DJ terug in die kas en laat Party in SA in jou CD-speler tol, want hierdie is die grootste Afrikaanse partytjie van die jaar! Ja, dit is lekker om jonk te wees; al is dit net jonk van gees.

 

Vir besprekings kontak Anel 084-8066570 of gaan na www.jakkielouw.co.za

Willem Botha:

 

Willem Botha. Ster van Liefling Die Movie, Pretville, DONKERLAND en Sterlopers. Aanbieder van Kwêla en Die KykNET Top 20 asook naaswenner van Idols 2006. Huisgenoot Tempo Wenner, Fiesta Wenner asook SAMA, Naledi en Ghoema Nominasie. Sy 4de solo album SOEN EN VERGEET is nou beskikbaar! 

 

Vir besprekings kontak Corné Oosthuizen van CO Productions by 012 – 751 3601, 083 380 3810 of info@coproductions.co.za

Jannie Du Toit:

Jannie du Toit is liedjieskrywer en sanger van veral Afrikaanse en Nederlandse kleinkuns. In 1971 het hy as student in ‘n pop/rock-groep gespeel, maar ook Afrikaanse musiek in die folkgroep TRILOGIE wat in 1975 op die proefuitsendings van SATV sou debuteer. Hy kwalifiseer as prokureur maar verlaat die regsberoep in 1980 vir musiek.  Hy speel ‘n belangrike rol in Musiek- en Liriek van die laat sewentigerjare. Hy skryf in 1978 sy bekendste lied, ‘N LIEDJIE VIR JOU. Sy opname van 1980 word steeds gereeld gehoor, maar talle ander het dit deur die jare opgeneem – onlangs ook Fat Man en Caroline Grace.

 

Hy word in 1980 by Tukkies aangestel waar hy o.a. LOELOERAAI skryf – die eerste volledige musiekblyspel in Afrikaans. In Margaretastraat 28 in Pretoria begin hy in 1981 met legendariese liedjie-aande wat onbekende kunstenaars ‘n geleentheid gegee het.

 

Jannie werk van 1986 tot 2011 saam met die virtuose pianis Christa Steyn as begeleier, verwerker, medeskrywer en verhoogvennoot. Vir 25 jaar het hulle oral in Suid-Afrika en in 20 ander lande musiek gemaak. In 1988 stel Stephan Bouwer hulle aan die kabaretverhoog bekend in die program VAN BERLYN TOT BAPSFONTEIN saam met Laurika Rauch. Christa is in 2012 na ‘n stryd teen kanker oorlede.

 

Hy werk sedertdien saam met verskillende kunstenaars. In GRYS AREAS het hy saam met Renette Bouwer die gewilde DIE EGGO VAN JOU OË gesing. DIE CORDON BROERS se KOSSêRT saam met Lochner de Kock volg en DOEP IS NIE DOOD NIE (vanaf 2014), is landwyd gewild. Sy jongste produksies is BONJOUR MONSIEUR BREL en KIEKIES – LUCAS SE LIEDJIES saam met Thean Kotzé van SES SNARE-faam. Met DOEP en BREL het hy verlede jaar vir ‘n maand lank in Europa getoer. Benewens talle vererings deur die jare, ontvang Jannie in 2008 ‘n erepenning van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy bydrae.

 

Vir besprekings gaan na www.janniedutoit.com